DEELNAME AAN DEBATSFEES

Op 2/3/13 het Kim Abrahams(gr.12), Allison Arendse(gr.10) en Tatum Jacobs(gr.9) deelgeneem aan Stellenbosch se Woordfees se debatskompetisie. Hul het slegs 'n paar keer vooraf onder leiding van mev. Elna la Grange geoefen.

Spanning het hoog geloop , want dis oorwegend Afrikaanssprekende skole wat hul opponente was. Ons moet onthou dat Engels hierdie leerders se moedertaal is en daarom maak dit die prestasie des te groter.

In die semi-finale het hul gou afgereken met Paul Roos van Stellenbosch en Volkskool van Pearson was hul opponente in die finale. Hul het hul uitstekend van hul taak gekwyt met die onderwerp-" Is kragwoorde noodsaaklik in voorgeskrewe letterkunde op skool ?"Dis 'n lywige onderwerp vir enige leerder en hul moes op hul voete dink. Settlers het in die kategorie "OU HANDE" weggeloop met die trofee.

Geluk aan hulle en volgende jaar maak ons weer so!

Mev. L du Toit
ONDERWYSER